Maagdelikheid is die toestand van ’n persoon wat nog nooit geslagsgemeenskap/seks gehad het nie.[1][2] Daar is kultuur- en godsdienstradisies wat spesiale waarde en betekenis heg aan hierdie toestand, veral wat ongetroude vroue betref. Dit word verbind met idees van reinheid, eer en waarde.
Nes kuisheid, het die begrip maagdelikheid tradisioneel seksuele onthouding behels. Die begrip betrek gewoonlik morele en godsdienskwessies en kan gevolge hê in terme van sosiale status en in interpersoonlike verhoudings.[3][4] Hoewel maagdelikheid in die verlede in sommige gemeenskappe sosiale en regsimplikasies gehad het, is dit gewoonlik nie meer so nie.
Die sosiale implikasies van maagdelikheid kom steeds in sommige moderne gemeenskappe voor en kan wisselende gevolge vir ’n persoon inhou na gelang van die kultuur.
↑"Maagd" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 26 November 2019.